Kyk video’s: Grusame ongeluk toe twee busse bots – ses dood

Deel hierdie storie / Share this story

Ses persone is dood en verskeie beserings was gerapporteer toe twee busse ongeveer 01:30 vanoggend op die N2 tussen Langeberg Mall en Danabaai, Mosselbaai, in die rigting van Kaapstad met mekaar gebots het.

Mosselbaai Munisipaliteit het gereelde opdaterings met nodige inligting op hul Facebook-blad gemaak.

Nooddienste was deurentyd op die toneel.

‘n Gedeelte van die pad moes vir verkeer gesluit word, die twee bane in die rigting van George was oop, maar beide bane rigting George na Mosselbaai was vir verkeer gesluit.

‘n Ondersoekspan van Kaapstad wat die ongeluk moet ondersoek het intussen opgedaag en al vier bane van die pad is om 08:50 gesluit sodat die ondersoek gedoen kan word en om die busse te verwyder.

Motoriste word na die Louis Fouriepad herlei totdat die busse van die ongelukstoneel verwyder is.

Dit is nie seker wanneer die pad vir verkeer oopgemaak sal word nie, alhoewel dit later vanoggend sal gebeur.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.