Tien verdagtes tussen die ouderdomme van 18 en 67 jaar oud is Donderdag 11 Mei 2023 by ‘n huis in Algoa Park deur die Valke se ekonomiese beskermde hulpronne-span in Gqeberha vir die beweerde bedryf van ‘n visvangonderneming sonder ‘n permit in hegtenis geneem.
Kapt. Yolisa Mgolodela, polisiewoordvoerder, sê die Valke het op inligting oor beweerde perlemoenaktiwiteite in ‘n residensiële area gereageer.
Observasie is by die perseel gedoen en ‘n deursoekingslasbrief is toegestaan, waarna die perseel Donderdagoggend deursoek is.
Tydens die deursoeking is 10 verdagtes in hegtenis geneem en daar is op 1 674 eenhede perlemoen ter waarde van R376 000, asook ‘n Opel Corsa-bakkie en ‘n Ford Focus-sedan beslag gelê.
Die verdagtes sal op 15 Mei 2023 in die Gqeberha New Law-landdroshof verskyn.
Genl.maj. Mboiki Obed Ngwenya, die provinsiale hoof, het die span vir die vinnige uitvoering van uitstekende werk geprys.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



