‘n Man (28) is Vrydagaand 12 Mei 2023 deur die Gautengse verkeerspolisie vir spoed op die N4 Hoofweg in hegtenis geneem.
Volgens Arrive Alive het die man glo in ‘n gryskleurige Mercedes Benz teen ‘n buitensporige spoed van 234 km/ in ‘n 120 km/h zone, wat die voorgeskrewe maksimum spoedperk was, gejaag.
Hy is na sy inhegtenisneming by Bronkhorstspruit-polisiestasie aangehou.
Die man sal na verwagting vir ‘n aanklag van roekelose bestuur (spoed) in die hof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



