Dwelmlaboratorium ter waarde van miljoene ontbloot

Deel hierdie storie / Share this story

Twee verdagtes, onderskeidelik 72 en 37 jaar oud is Donderdag 11 Mei 2023 in Mogale City, Magaliesburg in hegtenis geneem vir handel in dwelms en die oortreding van die Wet op Dwelms en Dwelmhandel 140 van 1992.

Kol. Philani Nkwalase, woordvoerder vir die Valke se direktoraat vir prioritetismisdaadondersoek, sê die Valke se SANEB, tesame met misdaadintelligensie, en die spesiale taakmag het op ‘n ten volle funksionele klandestiene dwelmlaboratorium toegeslaan.

Die gesamentlike polisiespan het ‘n J51 – deursoekingslasbrief uitgevoer ná ‘n intensiewe ondersoek van dwelmvoorraad wat die Wes-Kaap binnevloei.

Tydens die deursoeking is mandrax-pasta, mandrax-tablette, ‘n mandrax-pers, ‘n oond om methaquaone te droog, emmers methaqualone en dromme poeier wat gebruik is in die vervaardiging van mandrax met ‘n geraamde waarde van R150 miljoen, gevind.

Die twee verdagtes sal Maandag 15 Mei 2023 in die Krugersdorp-landdroshof verskyn.

Lt.genl. (dr./adv.) Lebeya, die nasionale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoek het die Wes-Kaapse ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad saam met misdaadintelligensie vir hul noukeurige speurwerk geprys.

“Die samewerking benadering bewys aan ons dat dit die enigste manier is om ‘n betekenisvolle stryd teen sidikaatmisdade te maak,” het Lebeya gesê.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.