Ruan Swanepoel, vermiste persoon in Thailand, dood gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Ruan Swanepoel (26), ook bekend as Swannie of Ru, was ‘n onderwyser wat Engels in Viëtnam aangebied het en ‘n expat van Suid-Afrika.

Angelique Engelbrecht en Mariapina Ferranti (beide sy niggies) en Lien Benadie, sy tannie, het op die Help Find Ruan Swanepoel Facebook-blad geplaas dat hy op 17 Februarie 2023 van Viëtnam na Thailand is waar hy vermis geraak het.

Hy was in Witthayupad en by die Ambassade van Suid Afrika in Thailand opgemerk.

Sy familie het inligting ontvang dat hy deur vreemde persone se fone te gebruik, na hulle probeer uitreik het in ‘n poging om terug te keer na Suid-Afrika.

Die boodskap is nie betyds ontvang nie en toe hy teruggekontak is, was hy reeds weg.

Ruan moes glo sy selfoon vir kos verkoop, en die sein van die selfoon was sedertdien afgeskakel.

Op 30 April 2023 het die familie ‘n plasing gemaak dat die polisie in Thailand ook na hom soek en dat hy slegs twee dae vantevore nog gewaar is.

Vyf dae terug het Mariapina Ferranti in ‘n plasing aangekondig dat Ruan dood is.

Lees die plasing hier:

It is with great sadness that we have to announce the passing of one of our dear Ruan Swanepoel.

We would like to extend our deepest condolences to his family and friends.

Please give the family time to mourn this incredibly massive loss.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.