Kyk video: Petroljoggies tot die redding toe voertuig aan die brand slaan

Deel hierdie storie / Share this story

Video in berig!

Shell Amberfield het ‘n video op hul sosiale media geplaas van toegewyde petroljoggies wat nie gister ‘n oomblik gehuiwer het om ‘n motoris op die Rooihuiskraalpad, Centurion, Gauteng, in nood by te staan nie.

In die video kan gesien word hoe ‘n blou UNO in die pad voor die vulstasie aan die brand is.

Die volgende oomblik kan gesien word hoe die petroljoggies flink en gereed vir aksie oor die pad hardloop en deur verkeer vleg om tot hulp te wees.

Hier is die plasing se boodskap:

OUR HEROES OF THE DAY !

Dedicated Shell Amberfield forecourt service champions acted decisively by helping a public member who’s vehicle caught fire at the busy Rooihuiskraal Road.

Their proactive response resulted that the fire did not consume the whole vehicle. No one was injured and the driver was grateful for the help.

Keep on with the good work – we are proud of you!

Go Well Go Shell

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.