Nakane Lizane (4) het Donderdag 11 Mei 2023 buite sy ouerhuis te 1807 Ndlovini, Wells Estate, in Gqeberha vermis geraak.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die Nelson Mandelabaai-distrikseenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe vra die gemeenskap se hulp om die kleuter op te spoor.
Na bewering was sy ma omstreeks 15:45, toe hy van die dagsorg by die huis afgelaai is, tuis, waar sy besig was om aandete voor te berei.
Nakane het glo buite saam met sy 10-jarige broer gespeel.
Na ‘n rukkie het die ma die kinders geroep om binne te kom, maar net die 10-jarige het ingegaan. Die ma het na klein Nakane gesoek, maar kon hom nie kry nie.
Sy het hom by Swartkops-polisiestasie as vermis aangemeld.
Hy het ten tyde van sy verdwyning ‘n blou denimbroek, grys seilskoene, ‘n ligkleurige hemp en ‘n denimbaadjie aangehad.
Swartkops-polisie en GKS-eenheid gaan voort met hul soektog en doen ‘n beroep op enigiemand wat dalk weet waar die kleuter hom bevind, om met speurdersersant Mluleki Mhlangani by 079 896 7509, Stop Misdaad by 08600 10111 of hul naaste polisiestasie in verbinding te tree.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



