Louis Stephanus Daniel Erasmus (32) is sedert 10 Mei 2023 in Gauteng vermis.
Hy was die laaste keer met ‘n swart fiets by die Caltex-vulstasie in Schietfontein opgemerk.
Die laaste keer wat hy gesien was, het hy ‘n swart baadjie, groen hemp, bruin broek en seilskoene aangehad.
Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan hul met die volgende nommers in verbinding tree:
Akasia-polisie – 012 564 0700
Missing Children South Africa – 072 647 7464
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



