HEMS red babakat van voertuig-enjin

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Babakat is gister uit die enjin van ‘n voertuig waar dit vasgesit het gered.

Hartbeespoort Emergency Medical Services sê die reddingsvoorval het by Brits Medi-Clinic plaasgevind.

“Job well-done!”

Stasie 21 Brandbestryding en Redding was na die toneel uitgeroep.

Met aankoms het die span gevind dat die babakat tussen die enjinkap en die verkoelingswaaier vassit.

Die babakat is veilig deur die span verwyder en oorhandig aan die dierereddingsentrum van Harbeespoort oorhandig.

“Thank you Martiens and Hannes!”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.