Drie vragmotors in ongeluk – een ernstig beseer

Deel hierdie storie / Share this story

Vanoggend was drie vragmotors in ‘n ongeluk op die N3 Ashburton betrokke.

KwaZulu Private Ambulane Services het nuus ontvang van die ongeluk.

Met aankoms op die toneel is gevind dat die drie vragmotors in ‘n ongeluk betrokke was. Een persoon is ernstig beseer.

Gespesialiseerde reddingstoerusting is gebruik om die persoon wat ernstig beseer was uit die wrak van ‘n vragmotor te bevry.

Die persoon is eers op die toneel behandel en daarna vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.