Die huiswerker wat deur drie pitbulle verseeur is, se eienaar moet binnekort in die hof verskyn.
Dipuo Kokolosi is glo Dinsdag, 25 Januarie 2022, by haar werknemer se huis deur die pitbull-honde aangeval. Die honde het haar neus, lip en oorskulpe afgeruk en ook ander dele van haar liggaam gebyt.
Die eienaar sal op 6 Junie in die Potchefstroom landdroshof verskyn op aanklag van die aanhou van gevaarlike diere.
Kol. Adele Myburgh, woordvoerder, het bevestig die eienaar sal vervolg word.
Die honde is deur die buurmanne wat Kokolosi gehelp het, doodgeskiet.



