Hemelse Pêrels kondig aan dat hul deure sluit

Deel hierdie storie / Share this story

Hemelse Pêrels NPC, wat landswyd bekend is dat hulle siek kinders en volwassenes wat hul na die organisasie wend wanneer hulle hulp nodig het, hetsy finansieël of in die vorm van gebed, hul deure sluit.

Die aankondiging is vanoggend op hul Facebook-blad gemaak.

Hemelse Pêrels het menige siekes deur middel van donasies bygestaan en die rede wat hul vir hul sluiting gee is dat twee van hul dames gesondheidsprobleme ondervind.

Goeie nuus was ook gereeld op die blad gedeel.

Lees die plasing hier:

12 May 2023

Geagte ouers /Lede

Vandag is ‘n baie moeilike en hartseer dag .

Hemelse Perels NPC SE DEURE SLUIT

Twee van ons dames se gesondheid is nie soos moet wees nie en hulle trek tans swaar.

Ons vra gebede vir volkome genesing .

Ons het ongelukkig op ‘n punt gekom waar ons nie meer kan verder gaan nie.

AL UITSTANDE BETALING SAL NOG PLAAS VIND TOT EINDE MEI 2023

OUERS KAN ONS WHATSAPP LYN KONTAK

+27 78 462 8503 VIR RËELINGS en navrae .

Ons wil elkeen bedank wat die pad saam met ons geloop het, likes, followings, donasies, gebede, oproepe Whatsapp en inbox’s en bystand.

Dan aan elke ouers en kind dankie dat u Hemelse Perels Npc kans gegee het om u te kon van hulp wees met u kosbaarste besitting.

Ons harte is seer en sal verseker elke liewe een mis 😭

Dankie dat ons almal saam n verskil kon maak dankie aan elkeen wat getrou gesaai het in n kindtjie se lewe .

Saam het ons baie wonderwerke beleef en ook baie hartseer.

Mag u pad voor in toe net oorlopige seën en gesondheid in hou .

Groete

Chris Annatjie Natashja

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.