Wanneer jy die voor- en nadele oorweeg van ‘vape’ en sigarette rook, is dit belangrik om te onthou dat daar steeds gesondheidsrisiko’s bestaan by die gebruik van nikotien.
Vier dinge wat jy kan oorweeg:
- Minder skadelike chemiese stowwe: Wanneer jy ‘vape’, word jy aan minder toksiese chemiese stowwe blootgestel as wanneer jy sigarette rook – dit verminder dus die hoeveelheid gesondheidsrisiko’s.
- Minder tweedehandse rook: Wanneer jy ‘vape’, verminder dit die hoeveelheid tweedehandse rook wat die mense om jou kan affekteer.
- Verskeidenheid geure: ‘Vapes’ kom deesdae in verskillende geure, so jy kan kies en keur.
- Die moontlikheid om op te hou: Sommige mense gebruik ‘vapes’ om hulleself stelselmatig van sigarette af te kry. ‘Vape’ kan die eerste stap wees om hul nikotienafhanklikheid minder te maak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



