‘n Tiener (15) is Woensdag 10 Mei 2023 in hegtenis geneem omdat hy na bewering ‘n ander tienerseun (14) verskeie kere, in die begraafplaas in Diamantstraat in Phahameng, met ‘n mes gesteek het.
Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer is glo op 9 Mei 2023 omstreeks 22:15 by sy huis in Khotha Section in Phahaeng, Bultfontein gehaal en gedwing om na die begraafplaas te gaan.
Die slagoffer het steekwonde aan sy rug hande, bors en nek opgedoen. Hy kon daarin slaag om te vlug en hulp by ‘n nabygeleë huis te kry en in ‘n hospitaal opgeneem te word.
Die polisie het na die toneel gegaan en ‘n saak van poging tot moord is geregistreer. Die beweerde verdagte is gesoek en binne ure in hegtenis geneem. Beslag is gelê op die mes wat glo tydens die misdaad gebruik is.
Hy sal binnekort in die Bultfontein-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



