‘n Pa en seun (7) van Rustenburg is Dinsdag 2 Mei 2023 omstreeks 07:00 op die hoek van Oliver Tamborylaan en Klopperstraat deur ‘n minibustaxi gestamp. Die pa is noodlottig beseer en die seun het ernstige beserings opgedoen.
Sers. Ofentse Mokgadi, polisiewoordvoerder, sê die pa en sy jong seun het gestap toe ‘n minibustaxi hulle getref het. Volgens voorlopige bevindinge het die taxibestuurder gesê die remme van sy voertuig het gefaal.
Die seun is met ernstige beserings na ‘n hospitaal geneem.
Die polisie het ‘n saak van strafbare manslag geopen en ‘n waarskuwingsverklaring van die taxibestuurder bekom.
Dit sal na die direkteur vir openbare vervolging gestuur word om ‘n besluit te neem of vervolging gaan plaavind, al dan nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



