Paar lek roomys in winkel en sit dit terug in yskas

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Maselsgevalle word minder in SA

‘n Sosialemediagebruiker en sy meisie word hewig gekritiseer op sosiale media na hulle ‘n video gedeel het waarin hulle roomys lek in ‘n winkel en dit daarna in die yskas terugsit.

Tequan Hines en sy meisie, Asia van Virginia, VSA, het ‘n video – wat sedertien afgehaal is – gedeel waarin Hines sy meisie aanmoedig om ‘n bak Blue Bunny-roomys oop te maak en daaraan te lek. Hy vra dan vir haar om dit oor haar skouer aan te gee sodat hy dit ook kan lek en daarna sit hulle dit terug in die yskas en hulle hardloop weg.

Verskeie sosialemediagebruikers het die video versprei voor dit verwyder is en het die paar opgespoor en gekritiseer. Meeste mense stem saam dat die paar in hegtenis geneem moet word, aangesien dit ‘n misdryf in Virginia is om aan roomys in winkels te lek en dit dan terug te sit in die yskas.

Daar was in 2019 verskeie gevalle van mense wat aan roomys in winkels gelek het en dit dan in die yskas teruggesit het. Dit is daarna tot ‘n klas 3-misdryf in dié staat verklaar. Oortreders kan beboet word en selfs tronkstraf kry.

Hines het agterna skermgrepe van TMZ se nuusstorie op sy Instagram gedeel om die spot te dryf met mense se reaksies.

Bronne: Dexerto, New York Post, The Mirror

Lees ook: Maselsgevalle word minder in SA