Maselsgevalle word minder in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: ANC-raadslid in hegtenis vir beweerde verkragting van tienerseun

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Dinsdag gesê maselsgetalle is besig om landwyd te daal.

Dit volg na ’n maselsuitbraak verklaar is in al die provinsies behalwe die Oos-Kaap.

Daar was 410 gevalle in Limpopo, 216 in die Noord-Wes, 166 in Gauteng, 108 in Mpumalanga, 29 in die Vrystaat en 20 in KwaZulu-Natal. Daar was 14 gevalle in die Wes-Kaap en sewe in die Noord-Kaap.

Daar is vandeesmaand nog geen nuwe gevalle in enige van die provinsies aangemeld nie.

Bronne: IOL, The Citizen, VN Explorer

Lees ook: ANC-raadslid in hegtenis vir beweerde verkragting van tienerseun