Heinrich Frederick Els (45) is sedert 3 April 2022 in Alberton, Gauteng vermis.
Hy het blou oë en ligte bruin hare. Hy weeg tussen 85 en 90 kg en is 1,66 m lank.
Uitkenbare merke is littekens oor die brug van sy neus.
Els was op die betrokke dag om ongeveer 11:00 gesien voordat hy vermis geraak het.
Enigiemand wat inligting het oor waar hy hom bevind, kan met die volgende persone in aanraking kom:
AO Matjiu van Alberton-SAPD – 011 861 6800 of Stop Misdaad by 08600 10111
Pink Ladies Organisasie – 072 214 7439 of 083 378 4882
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



