Man by kragstasie doodgeskiet – inligting gevra

Deel hierdie storie / Share this story

Siyabulela Nkwelo (48) is Sondag 7 Mei 2023 in ‘n skietvoorval by Lethabo-kragstasie se parkeerarea op Viljoensdrif doodgeskiet.

Sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, sê lede het omstreeks 17:45 op ‘n klagte reageer. Met aankoms op die toneel is die man gevind waar hy met sy gesig na onder op die grond lê. Paramedici het hom dood verklaar.

Die oorledene wat ‘n sub-kontrakteur by die kragstasie was, was van diens af en het na sy voertuig gestap.

Kollegas het verskeie skote gehoor en ‘n man gesien wat in ‘n wit VW Polo met ‘n Mpumalanga-registrasienommer met vier insittendes geklim en weggery het.

Enigiemand met inligting word gevra om met speursersant Tauru Majoe van die Vrystaat- georganiseerde misdaadeenheid in kontak kom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.