Verkeersbeampte wat glo vrou se minnaar vermoor borgtog geweier

Deel hierdie storie / Share this story

’n Verkeersbeampte in Mbombela, wat glo ’n provinsiale verkeersbeampte wat ’n verhouding met sy vrou gehad het. vermoor het, is borgtog geweier.

Abednigo Desmond Mbuyane (38) het Woensdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn na hy glo Thamsanqa Nkosi (34) op 15 April by die Kwanyoni Lodge in Nelspruit vermoor het.

Nkosi en Mbuyane se vrou het glo 15 April by die Kwanyoni Lodge ingeboek toe Mbuyane daar aankom en ’n alterkasie plaasgevind het.

Nkosi het uitgehardloop. Mbuyane het hom twee keer geskiet en hom daarna aan die Nelspruit-polisie gaan oorhandig.

Mbuyane sal op 28 Junie weer in die hof verskyn.

Bronne: IOL, VN Explorer, Ghanamma

Lees ook: Mbombela-verkeersbeampte verskyn in hof vir beweerde moord