Boitshoko Abednigo Swanepoel (36) het op Dinsdag 25 September 2018 in Lonely Park, Mahikeng, sy gewese meisie (29 ten tyde van die voorval) en haar ma (52 ten tyde van die voorval) doodgeskiet. Hy het ook probeer om sy dogter (2 ten tyde van die voorval) en sy gewese meisie se broer dood te skiet.
Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder van Noordwes, sê hy het na sy gewese meisie se huis gegaan om met haar te praat oor ‘n interdik wat sy teen hom gekry het. ‘n Argument het tussen hom en sy gewese meisie se ma plaasgevind waarna die skietvoorval op die twee oorledenes en die kleuter plaasgevind het. Sy gewese meisie se broer het die skote gehoor en ondersoek ingestel waarna ook op hom geskiet is.
Die tweejarige dogtertjie is met ernstige beserings na die Baragwanath-hospitaal in Johannesburg gehaas.
Swanepoel het na die skietvoorval van die toneel gevlug, waarna die polisie hom Vrydag 28 September 2019 in die dorpie Setlagole buite Mahikeng in hegtenis geneem het. Hy was sedertdien in aanhouding.
Swanepoel is op 9 Mei 2023 in die Noordwes Hooggeregshof in Mmabatho gevonnis vir die dubbele moord asook die twee aanklagte van poging tot moord.
Hy is skuldig bevind soos aangekla en soos volg gevonnis:
Twee aanklagte van moord: Twee lewenslange vonnisse
Twee aanklagte van poging tot moord: 10 jaar tronkstraf elk
Die hof het beveel dat alle vonnisse wat opgelê is, samelopend met die twee lewenslange tronkstraf vonnisse sal loop.
Swanepoel is ook ingevolge artikel 103 van die Wet op Vuurwapenbeheer, 2000 (Wet No. 60 van 2000) onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris en advokaat (dr.) Makhari Sekhaolelo, die direkteur vir openbare vervolging, het die vonnisse verwelkom.
Die Mahikeng blitspatrollie, speurtak en veral speurder sers. Kebaabetswe Chabaemang en ander wat die polisie bygestaan het om die inhegtenisneming te verwelkom, is toegejuig.
Adv. Goloda, die aanklaer is vir samewerking met ander rolspelers vir die noukeurig hantering van die saak en die daaropvolgende versekering van die skuldigbevinding, bedank.
Adv. (dr.) Makhari Sekhaolelo het haar dankbaarheid uitgespreek oor die versekering van die skuldigbevinding wat sy toegeskryf het aan samewerking van die SAPD, NVG en DPCI. Sy het gesê die vonnis sal beslis ‘n duidelike boodskap uitstuur dat misdaad, insluitend GBV, nie geduld sal word nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



