Bloemfonteinse DBV red babahondjie uit stormdrein

Deel hierdie storie / Share this story

Die Bloemfonteinse DBV is onlangs deur ‘n bekommerde gemeenskapslid gekontak in verband met ‘n babahondjie wat by ‘n stormdrein in die middestad ingeval het en nie kon uitkom nie.

Die DBV sê twee leerling-inspekteurs is saam met hoofinspekteur, Reinet Meyer, na die toneel.

Daar was volgens die DBV geen ingang tot die stormdrein nie, maar die inspekteurs het uiteindelik toegang gekry.

Die hondjie is sonder enige beserings uit die drein gered en is na die DBV geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel