Lees ook: Nuwe Johannesburgse burgemeester van bedrog beskuldig
Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad het dit duidelik gemaak dat daar geen spelfoute op die nuwe note is wat verlede week deur die Reserwebank uitgereik is nie.
Dit volg na bewerings dat ’n woord verkeerd gespel is op die nuwe R100-noot.
Volgens die verslae het die Xitsonga-gemeenskap opgelet die bewoording op die ou R100-noot het gelees “Bangi-Nkulu” en die nuwe noot lees “Bangikulu”.
Die Taalraad het verduidelik dit is nie ’n spelfout nie; dit is hoe dit gespel word volgens die nuutste reëls wat in Mei 2022 deur die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad ingestel is.
Die voorsitter van die Xitsonga- nasionale taalraad het gesê daar was konsultasies tussen die reserwebank en die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad en die terme is geverifieer deur die Xitsonga- nasionale taalraad.
Bronne: IOL, DFA, BusinessTech
Lees ook: Nuwe Johannesburgse burgemeester van bedrog beskuldig



