Energiekenners het die land gewaarsku dat Eskom moontlik hoër fases van beurtkrag kan instel dié winter. Hulle het gewaarsku tot fase 10 kan ingestel word na omtrent die helfte van Eskom se opwekkingskapasiteit aflyn is as gevolg van onklaarrakings.
Eskom het Sondag fase 6-beurtkrag ingestel tot verdere kennisgewings na onklaarrakings en beplande diens van ander krageenhede.
Een energiekenner, Lungile Mashele, het Dinsdag gesê sy verwag fase 7- en fase 8-beurtkrag die week, maar dat Eskom dit nie sal aankondig nie en eerder sal sê die land is in fase 6, selfs al bly die krag langer af.
Mashele het ook gesê Eskom voorspel ’n aanvraag van 34 000 MW in Junie, Julie en Augustus, wat die tekort tot 9 000 MW sal verhoog wat sal lei tot fase 9- en fase 10-beurtkrag.
Bronne: IOL, DFA, Energy Central
Lees ook: Berei voor vir fase 8-beurtkrag dié winter, waarsku kenner



