Moordenaar tot lewenslank gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

Barry Senyolo (33) het gedurende Mei 2017 Karabo Sewape (27 ten tyde van die moord) in ‘n taverne in die dorpie Kbjaba in Limpopo, doodgemaak.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê die hof het vasgestel daar het ‘n argument tussen die twee ontstaan waarna Senyolo vir Sewape met ‘n skerp voorwerp gesteek het. Sewape is noodlottig gewond.

‘n Saak van moord is geopen en aan speur-AO Masilo Selowa toegewys vir ondersoek. Senyolo is ‘n paar dae later in hegtenis geneem. Hy is van moord aangekla en is uiteindelik op Maadag 7 Mei 2023 deur die Tzaneen-landdroshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Genl.maj. Jan Scheepers, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het die vonnis verwelkom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.