Die merkwaardige Madre Kohn is ‘n grafiese ontwerper, entrepreneur en enkelma van twee seuns.
Madre het ‘n suksesvolle ontwerpbesigheid en aanlynwinkel vir kinderitems, maar dit is haar persoonlike reis wat haar werklik onderskei in die besigheidswêreld. Nadat sy haar man tragies verloor het, het Madre dapper haar ervarings van liefde, verlies en oorbegin op haar blog gedeel – wat ’n bron van inspirasie en troos vir baie geword het.