LEES OOK: Hulp gevra om geliefdes van man in hospitaal op te spoor
Solidariteit het vandag op ʼn mediakonferensie aangekondig dat hy ʼn dagvaarding op pres. Ramaphosa, die departement van arbeid en indiensneming, asook die minister verantwoordelik vir die portefeulje, die direkteur-generaal van arbeid en indiensneming, en die Kommissie vir Diensbillikheid beteken het. Dit volg nadat die president vroeër vanjaar die wysigingswetsontwerp op sogenaamde billike indiensneming bekragtig het.



