Agt persone het kritieke beserings opgedoen en verskeie ander is beseer in ‘n kop-aan-kop-botsing wat laat Dinsdagaand 9 Mei 2023 op die R74 naby Kearsney, buite Stanger in KwaZulu-Natal, plaasgevind het.
IPSS Medical Rescue het verslae ontvang van ‘n minibustaxi-ongeluk.
Met aankoms op die ongelukstoneel het paramedici gevind dat ‘n minibustaxi en ‘n bakkie reg van voor teen mekaar gebots het, waarna nog ‘n bakkie agter in die bakkie vasgery het.
Verskeie insittendes het beserings van gering tot kritiek opgedoen.
Agt persone wat kritiek beseer is, is deur IPSS Medical Rescue Advanced Life Support se paramedici na verskeie nabygeleë mediese fasiliteite vervoer.
Verskeie ander beseerdes wat gering tot matige beserings opgedoen het, is ook hospitaal toe vervoer.
Dank is betuig aan EMRS vir ondersteuning op die toneel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



