Lees ook: Tot 880 soldate gestuur om kragstasies te beskerm
Die polisie in Limpopo het ‘n mannejag geloods na ‘n man (42) doodgesteek is Sondag op pad kerk toe.
Godfrey Mandlazi van Mavambe Village is volgens sy familie omtrent 05:00 by die huis weg om aan ‘n pretloop by sy kerk deel te neem.
Sy liggaam is minder as ‘n uur later deur ‘n verbyganger gekry.
Die polisie het gesê hy is doodgesteek langs Hoërskool Malamulele en die rugsak met klere en ‘n kosblik wat hy by hom gehad het, is weg.
Bronne: IOL, DFA, Tzaneen Voice



