Bejaarde egpaar sterf in skietvoorval

Deel hierdie storie / Share this story

Pieter Hendrik Bezuidenhout en sy vrou Anna Elizabeth Bezuidenhout, beide 74 jaar oud, is Saterdag 6 Mei 2023 omstreeks 22:34 dood in hul huis te Somersetstraat in Dagbreek, Welkom, aangetref.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die polisie is van ‘n skietvoorval verwittig.

Polisie het twee liggame met skietwonde by die huis gevind. Die man het ‘n skietwond aan sy voorkop en die vrou ‘n skietwond in haar agterkop gehad. ‘n Vuurwapen is langs die man se liggaam op die vloer gevind.

‘n Moord en geregtelike doodsondersoek word deur die polisie ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.