Afrikaans is deel van elke Afrikaanssprekende se identiteit. Ons kan saam sing, tradisionele strories deel en ons rou ook in ons taal.
En dié taal is vanjaar 98 jaar oud, die jongste taal ter wêreld.
As Afrikaans jou moedertaal is, gee dit vir jou ‘n gevoel van behoort in die Afrikaanse samelewing. Elke Afrikaanssprekende, met sy unieke persoonlikheid, het ‘n identiteit in die Afrikaanse gemeenskap.
Afrikaans is deel van ons land, Suid-Afrika, se fondasie. Afrikaans het ‘n unieke styl en aksent. Afrikaanssprekendes het ‘n avontuurlustige gees. Alhoewel ons dit tot voordeel moet gebruik om ons harde werk en beginsels te versterk, moet ons aan die ander kant ook nooit daarvan vergeet nie.
Afrikaans het op 8 Mei in 1925 ‘n amptelike taal in Suid-Afrika geword. Ongeveer 13% van die Suid-Afrikaanse bevolking praat Afrikaans as eerste taal.
Dit is die meerderheidstaal van veral die westelike helfte van Suid-Afrika in onder andere die Noord-Kaap en Wes-Kaap.
Ons kan ook tots wees op elke Afrikaanse organisasie wat sout en lig in die wêreld is! Die Afrikaanse bevolking is klein, maar ons maak ‘n impak in elke aspek van die lewe.



