Drie kinders dood in Allen Mall-skietery

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: ANC-raadslid in hegtenis vir beweerde verkragting van tienerseun

‘n Seun (3) en sy ouers, twee laerskoolkinders en ‘n jong ingenieur van Indië is geïdentifiseer as slagoffers in Saterdag se skietaanval in Texas, VSA.

Agt mense het omgekom in die skietery by die Allen Mall Verskeie slagoffers is steeds in die hospitaal.

Die verdagte, Mauricio Garcia (33), is doodgeskiet deur ‘n polisiebeampte wat op ‘n ander oproep reageer het.

Die polisie ondersoek nou die verdagte, wat ‘n teken gedra het wat aan haatgroepe behoort. Die polisie probeer vasstel of Garcia aan enige haatgroepe behoort het. Die verdagte het glo op sosiale media foto’s van Nazi-swastikas en SS tatoes gedeel. Hy het glo ook die Nazi’s opgehemel en boodskappe oor geweld gedeel.

Bronne: BBC, The Star, Dallas News

Lees ook: ANC-raadslid in hegtenis vir beweerde verkragting van tienerseun