Help om vir Ralph op te spoor

Deel hierdie storie / Share this story

Ralph Anthony Steenkamp (65) is sedert 28 April 2023 in Booysens, Gauteng, vermis.

Hy is klein van bou, het bruin oë en grys hare, weeg 65 kg en is 1.66 m lank.

Steenkamp was op die betrokke dag die laaste keer in Tramwaystraat, Turffontein om 24:00 gesien.

Hy was in ‘n pienk/mauvekleurige knoophemp en blou denimbroek geklee.

Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan daar met die volgende persone in verbinding getree word:

Booysens-SAPD – 011 433 5224 of Stop Misdaad by 08600 10111

Pink Ladies Organisasie – 072 214 7439 of 083 378 4882

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.