‘n Meisie wat ‘n hoër IK het as wat Albert Einstein sowel as Stephen Hawking gehad het, is op die ouderdom van 11 jaar besig om haar meestersgraad in ingenieurswese te voltooi.
Adhara Pérez Sánchez het haar laerskoolloopbaan op vyfjarige ouderdom voltooi en ‘n jaar daarna met hoërskool klaargemaak.
Sánchez, wat in Meksikostad woon, het in ‘n “lae klas” woonbuurt Tláhauc grootgeword en is glo gereeld op skool gespot omdat sy outisties is.
Sy is op driejarige ouderdom met outisme gediagnoseer.
Haar IK is ‘n verstommende 162, hoër as beide Albert Einstein en Stephen Hawking se IK van 160.
Adhara het ‘n BA-graad in sistemiese ingenieurswese voltooi en is tans besig met haar meesters. Sy hoop om eendag Mars as lid van NASA te verken. – Daily Mail, Times Now



