Tienerseun ‘per ongeluk’ doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Seun (14) is gisteraand 8 Mei 2023 in die Stanger-area, KwaZulu-Natal aan ‘n skietwond dood.

IPSS Medical Rescue is na ‘n toneel van ‘n skietvoorval waartydens ‘n tienerseun noodlotting gewond is, ontbied. Paramedici het die seun op die toneel dood verklaar.

Na bewering het twee tienerseuns met ‘n vuurwapen gespeel toe dit per ongeluk afgegaan het. Die tweede seun het geen beserings opgedoen nie.

Kwadukuza-polisiespeurders was op die toneel en ondersoek die voorval.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.