Dominee dood in bosse gevind – twee aangekeer

Deel hierdie storie / Share this story

Ds. Herman Nieuwoudt (59) van Ceres in die Wes-Kaap se liggaam is Saterdagoggend 6 Mei 2023 in bosse op Worcester gevind.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer het sy huis Vrydag 5 Mei 2023 verlaat, maar nooit teruggekeer nie.

Sy liggaam het verskeie beserings gehad. Hy is deur mediese personeel op die toneel dood verklaar.

Worcester-polisiestasie ondersoek sake van moord en diefstal van ‘n motorvoertuig.

Die voertuig van die slagoffer wat vermis was, is op ‘n plaas op Worcester vevind.

Twee verdagtes, beide 19 jaar oud, is in hegtenis geneem en sal wanneer hulle aangekla is in die Worester-landdroshof verskyn.

Wilma Groenewald, Nieuwoudt se sussie, het die volgende plasing gemaak:

My liewe boetie, jy is op ‘n wrede manier van ons af weggeneem. Tog laat jy ons met onskatbare herinneringe. Jy het jou alles vir mense gegee. Letterlik en figuurlik. Jou opdrag as dominee maar ook jou liefdestaak aan jou familie en vriende het jy ten volle uitgeleef. Jy het by almal ‘n blywende gedagte gelaat. Ons eer jou nalatenskap en sal mooi na Martha, Adriaan en Hendrik kyk. Ons weet jy was baie lief vir hulle. Lekker tuin maak daarbo en moenie vergeet om jou sang stem en fluitery te laat hoor van daar bo af nie, nè? Here dankie dat ek kan weet my boetie se siel rus veilig by U. Dit bring troos in hierdie moeilike tyd. Aan U kom toe die Eer en Heerlikheid tot in alle Ewigheid. Amen.🙏🌈🥹

Boodskappe van medelye stroom in.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.