ATKV oordbestuurder oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Die oordbestuurder van die ATKV-Klein-Kariba, is oorlede.


Tommie du Plessis, wat as ‘n geloofsman, gesinsman, gemeenskapsman, kollega en vriend beskou is, is Saterdagaand oorlede.

Tommie het as ATKV-oordbestuurder diep spore getrap en sal onthou word vir sy standvastige leierskap, sy integriteit en sy humorsin.

“Hy het oor byna twee dekades aan die stuur van sake gestaan by ATKV-Natalia, ATKV-Eiland Spa, ATKV-Buffelspoort en meer onlangs by ATKV-Klein-Kariba,” sê Schalk Cilliers, besturende direkteur van ATKV-Sake.

“Dit was ’n voorreg om te sien hoe Tommie as mentor kon motiveer en inspireer. Tommie het die spesiale vermoë gehad om lewens aan te raak en het altyd tyd vir ander mense gemaak.

“Sy heengaan is ’n groot verlies vir die ATKV. Ons dink aan sy naasbestaandes en dra elkeen van hulle in besonder aan ons Hemelse Vader op in hierdie tyd,” sê Cilliers.