Die winter is amper hier en daar is niks lekkerder as ‘n bakkie warm sop nie.
Wat sop lekker maak, is dat jy sommer genoeg kan maak en bakkies daarvan kan vries en uithaal soos nodig.
Hierdie aartappel-kaas-en-spek-sop is romerig, vullend en heerlik!
Bestanddele:
- 6 groot aartappels of 8 meduim aartappels geskil en opgesny
- 1 pakkie wit uiesoppoeier
- 250 ml vars room
- 500 ml gerasperde Cheddar-kaas
- 1 e gekapte vars pietersielie of gedroogde pietersielie
- 250 g spek
- sout en peper na smaak
Metode:
- Bedek aartappels met water, voeg sout by en kook sag.
- Sny die spek op en braai tot bros, maar nie droog, hou eenkant.
- Sodra aartapels sag is, maak dit fyn in voedselverwerker. Hou water wat aartappels in gekook is.
- Skep fyn aartappels terug in water en meng soppoeier met 1 k water.
- Roer by aartappels en voeg 1 k kaas by, hou res van kaas eenkant.
- Voeg nou res van bestanddele by asook die spek en voeg genoeg water by indien nodig, die sop moenie dun wees nie, maar dik.
- Geur met sout en peper indien nodig.
Roer oor lae hitte vir 10 min. Indien nodig, voeg nog water by. - Strooi van die gerasperde kaas onder in sopkommetjies en skep sop bo-op.
- Bedien saam met brood, broodrolletjies of vetkoek.
Krediet: Kook en geniet



