Drie munisipale werkers is beseer nadat ‘n muur langs die plek waar hullle gewerk het Sondag 7 Mei 2023 net voor 12:00 in Huntpad, Durban, KwaZulu-Natal meegegee en op hulle geval het.
ALS Paramedics Advanced Life Support is na die toneel. Die drie werkers is reeds onder die muur deur hulle mede-werkers uitgetrek voor nooddienste op die toneel was.
Gevorderde lewensondersteunende paramedici het hulle geassesseer en gevind hulle het geringe tot matige beserings opgedoen.
Al drie mans is op die toneel gestabiliseer voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.
Omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, is onbekend, maar word deur die owerhede ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



