Verdagte skiet glo vrou na hy probeer om homself op vrou af te dwing

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vrou van Khayelitsha glo deur kêrel van drie dae vermoor

‘n Verdagte wat glo Woensdag ‘n vrou in Greenwood Park, Durban, geskiet het na hy homself op haar probeer afdwing het, is glo ure na die voorval in hegtenis geneem.

Die polisiewoordvoerder kol. Robert Netshiunda het bevestig die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord na ’n vrou (40) deur ’n man geskiet is op die hoek van Effingham- en North Coaststraat. Die man het homself glo op die vrou probeer afdwing voor hy haar geskiet het.

Die kritiek beseerde slagoffer is na die hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Bronne: IOL, VN Explorer

Lees ook: Vrou van Khayelitsha glo deur kêrel van drie dae vermoor