Vrou van Khayelitsha glo deur kêrel van drie dae vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Kêrel word aangekla van poging tot moord na hy in meisie se kar vasry

’n Vrou is glo deur haar kêrel van drie dae vermoor. Ntombenkosi Sam se liggaam is deur die verdagte se bure op 24 April ontdek.

Sy is glo die vorige aand gesteek en gewurg.

Haar suster, Eunice Ssalimu, het aan Cape Argus vertel die paar was voorheen saam, maar het uitgemaak en hulle was besig om weer by mekaar te kom toe hy haar glo vermoor het.

Die familie het vir Cape Argus gesê die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.

Die polisie het aan Cape Argus bevestig hulle is besig om ’n moord te ondersoek en dat die verdagte nog nie in hegtenis geneem is nie. Hulle het ook gesê die motief vir die moord is nog onbekend.

Bronne: Cape Argus, VN Explorer, Discount Mags

Lees ook: Kêrel word aangekla van poging tot moord na hy in meisie se kar vasry