Damprook (vaping) is amptelik in Australië vir ontspanningsdoeleindes verbied en strenger maatreëls vir die gebruik van e-sigarette is ingestel.
Dít is die land se jongste poging om die toename in damprook onder tieners te bekamp.
Met dié nuwe wetgewing, wat Australië vanaf vandeesmaand toepas, word alle weggooibare damptoestelle, die invoer van damptoestelle wat nie met ‘n voorskrif bekom is nie én damptoestelle met hoë nikotienvlakke verbied.
Luidens Australië se gesondheidsminister, Mark Butler, kan damptoestelle nou slegs in farmaseutiese verpakking in Australiese apteke aangekoop word.



