Kêrel word aangekla van poging tot moord na hy in meisie se kar vasry

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Kultusleier in Kenia in hof

’n Man (24) is Maandag in Laudium, Tshwane, in hegtenis geneem vir poging tot moord, oortreding van ’n hofbevel en opsetlike saakbeskadiging.

Die man het glo sy meisie gevolg terwyl sy Sondag in Laudium gery het. Hy het na bewering toe teen ’n hoë snelheid in die agterkant van haar motor vasgejaag, wat tot gevolg gehad het dat sy in ‘n paal vasgery het. Hy het daarna van die toneel gevlug.

Die vrou het beserings aan haar bolyf opgedoen.

Die man sal binnekort in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.

Bronne: IOL, News365, VN Explorer

Lees ook: Kultusleier in Kenia in hof