Taxibestuurder tronk toe ná hy fietsryer doodry

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Taxibestuurder wat die dood van ‘n fietsryer veroorsaak het, is tronkstraf opgelê.

Bongumusa Ngcobo (30) is aan strafbare manslag en dronkbestuur skuldig bevind nadat hy die 50-jarige Alex Otto van Johannesburg doodgery het.

Hy is agt jaar tronkstraf waarvan twee opgeskort is in die Randburg-landroshof opgelê.

Luidens ‘n verklaing deur die polisie, het Ngcobo Otto op 3 Oktober 2021 omstreeks 07:00 getref en hom honderde meters ver gesleep.

Die beskuldigde is op die toneel in hegtenis geneem.

Otto is op die toneel dood verklaar en sy vriend, Geoff Lee wat saam met hom gery het, is beseer.