Die boer (39) van die Swartland wat daarvan verdink word dat hy ’n ma en kind omgery het, het verlede Woensdag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Hy is Vrydagaand ná die voorval op polisie-borgtog van R3 000 vrygelaat.
Die ma, Ananda Hugo, wat die kind op haar heup gedra het, is dood en die driejarige Nikita veg om haar lewe in die Rooikruis-kinderhospitaal.
Die plaasboer het vlugtig in die hof verskyn op ’n klag van strafbare manslag. Hy moet weer op 19 Julie in die landdroshof verskyn.
Die saak is uitgestel vir die uitslae van die nadoodse ondersoek, verslae van die dogtertjie se beserings en ook die verdagte se alkohol-bloedtoetse. Die landdros het die verdagte versoek om sy paspoort in te handig.
Lees vorige artikel hier: https://find-it.co.za/2023/05/02/boer-ry-glo-ma-dood-kind-in-hospitaal/



