Lees ook: Skoolseun in Belgrado- skoolskietery het moordlys gemaak
Daar was Donderdag nog ‘n massaskietery in Serwië waarin agt mense oorlede is. Dit ná ‘n skoolskietery Woensdag waarin nege mense gedood is.
Die beweerde skieter, wat agt mense doodgeskiet het en ook 13 mense beseer het toe hy met ‘n outomatiese wapen vanuit ‘n bewegende motor begin losbrand het, is Vrydagoggend naby Kragujevac in hegtenis geneem.
Die skietery word as ‘n “terroristedaad” beskryf.
Bronne: Euronews, NBC News, France24
Lees ook: Skoolseun in Belgrado- skoolskietery het moordlys gemaak



