Skoolseun in Belgrado- skoolskietery het moordlys gemaak

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Agt kinders en sekuriteitswag dood in skoolskietery

Die skoolseun wat agt kinders en een sekuriteitswag gedood het in ’n skoolskietery in Belgrado het glo die aanval vir weke beplan en het ’n moordlys gehad.

Die seun is Woensdag in hegtenis geneem na hy in die klas losgebrand het en eers sy onderwyser geskiet het en toe sy klasmaats.

Die seun se ma en pa is ook in hegtenis geneem.

Sewe van die oorledenes was meisies en nog ses leerlinge en ’n onderwyser is in die skietery beseer. Die motief vir die skietery is onbekend.

Die seun het sy pa se vuurwapens in die skietery gebruik en is glo meer as een keer saam sy pa na ’n skietbaan voor die moorde.

Die seun sal na ’n psigiatriese kliniek gestuur word omdat hy nie krimineel verantwoordelik gehou kan word vir die moorde nie.

Bronne: BBC, Euronews, Fox News

Lees ook: Agt kinders en sekuriteitswag dood in skoolskietery