‘n Onbekende man is op ‘n roltrap in Westfield Marion Mall, Oaklands Park, Adelaide in Australië opgemerk waar hy rou hoender eet.
@sh*tadelaide Instagram het twee foto’s van die voorval geplaas wat sedertdien sosiale media aan’t gons het.
In die eerste foto kan gesien word hoe die onbekende kaalvoetman na onder op die roltrap ry, terwyl hy ‘n hoenderboudjie uit die verpakking haal. In die tweede foto kan gesien word hoe hy weglê aan die rou stuk hoender.
Mense het grillend van bekommernis oor die man se gesondheid reageer. Dit is ‘n feit dat rou hoender tot voedselvergiftiging en ander siektes kan lei.
Sommige van die kommentaar op die plasing is soos volg:
“Can someone please check to see if this man is still alive??”
“He’s so cooked, the chicken gets charred on the way down …”
“He wants a week off work.”
“Someone is trying to get a few sick days.”
Bronne: News.com.au, Times Now, New Zealand Herald
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



