Boer ry glo ma dood, kind in hospitaal

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Boer van die Swartland word van strafbare manslag aangekla nadat hy glo ‘n ma en kind omgery het.

Die ma, Ananda Hugo, wat die kind op haar heup gedra het, is dood en die driejarige Nikita veg om haar lewe in die Rooikruis-kinderhospitaal.

Volgens sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het die voorval Vrydagaand omstreeks 19:20 plaasgevind.

Daar word beweer dat die 39-jarige verdagte teen ‘n hoë snelheid gery het. Hy het glo gevlug van die ongelukstoneel voor die polisie hom by sy huis in hegtenis geneem het.

Hy is op polisieborgtog vrygelaat.