Liggaam onder bed in hotel ontdek waar gas geslaap het

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Chatsworth-prokureur sterf in verbyryskietery

‘n Chinese man glo vir drie uur in ‘n hotel in Tibet in ‘n bed, waaronder ‘n liggaam was, geslaap.

Die man, slegs bekend as Mr. Zhang, het glo ‘n “sterk” reuk opgemerk toe hy 21 April by die hotelkamer in Lhasa aangekom het. Hy het in ‘n onderhoud vertel dat hy vir ‘n paar uur op die bed gerus het voor hy uitgegaan het. Hy het later teruggekeer en weer die reuk opgemerk. Na aandete het hy gevra om na ‘n ander kamer geskuif te word, want die reuk was te erg.

Hy het vertel hy is later die aand geroep en gevra om na die kamer terug te gaan. Die polisie was daar en het DNS van hom geneem. Hy moes uitvind daar is ‘n liggaam onder die bed gevind. ‘n Verdagte was toe reeds volgens Mr. Zhang vir die moord in hegtenis geneem.

Die hotel het Mr. Zhang se uitlatings ontken; tog het die polisie beeldmateriaal vrygestel waarin die verdagte na Lanzhou geneem word.

Bronne: BBC, Daily News, Yahoo News

Lees ook: Chatsworth-prokureur sterf in verbyryskietery